Marikana-slagting

Die EPC-afdeling van Lonmin Platinum oos van Marikana, Noordwes

Die Marikana-slagting het op 16 Augustus 2012 by die Lonmin-myn in Marikana, Noordwes, plaasgevind. Verskeie mynwerkers van die AMCU-vakbond is deur die polisie doodgeskiet. Die polisie het probeer om gewelddadige stakers wat op 'n heuwel saamgedrom het uitmekaar te jaag, waarna die skietery begin het. Vier-en-dertig betogers is in die voorval dood.[1][2]

Volgens die Azanian People's Organization herinner die slagting aan die massamoord op 21 Maart 1960 in Sharpeville, op 16 Junie 1976 in Soweto en op 17 Junie 1992 in Boipatong.[3]

Omstredenheid het na vore getree toe nadoodse ondersoeke toon dat die meeste myners probeer vlug het en in die rug geskiet is,[4] en dat baie slagoffers ver van polisielyne geskiet is.[5] Op 18 September het 'n bemiddelaar aangekondig dat 'n oplossing vir die konflik beding is, deur te verklaar dat die stakende mynwerkers 'n 22% salarisverhoging en 'n eenmalige betaling van R2000 aanvaar het, en sal terugkeer werk toe op 20 September. Die staking is beskou as 'n seminale gebeurtenis in die moderne Suid-Afrikaanse geskiedenis, en is gevolg deur soortgelyke stakings by ander myne in Suid-Afrika,[6][7] gebeure wat gesamentlik gesorg het dat 2012 die ergste protesjaar in die land se geskiedenis was sedert die einde van apartheid.[8]

  1. SAPD-Twitterboodskap
  2. More Than 30 Died in South Africa Mine Crackdown: Police[dooie skakel], New York Times, 17 Augustus 2012
  3. Massaslagting skok wêreld Geargiveer 22 September 2012 op Wayback Machine, PRAAG, 17 Augustus 2012
  4. ‘Autopsies show miners were fleeing’, The Star, 28 Augustus 2012
  5. Poplak, Richard (8 September 2012). "Marikana's Small Koppie: 14 dead, 300 metres away from Wonderkop. Why?". Daily Maverick (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2017. Besoek op 12 September 2012.
  6. "Bokoni platinum mine strike shootings" (Video). The Guardian (in Engels). London. 17 Oktober 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2013.
  7. "AngloGold says illegal strike spreads in South Africa". Johannesburg: Reuters, Ed Stoddard and Sherilee Lakmidas. 26 September 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 27 Junie 2015.
  8. Maeve McClenaghan (18 Oktober 2012). "South African massacre was the tip of an iceberg". The Bureau of Investigative Journalism. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2015. Besoek op 27 Junie 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search